NVG verwelkom verwerping van Zuma-appèl

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika het die Appèlhof se verwerping van oudpresident Jacob Zuma se heroorwegingsaansoek, verwelkom. Dit hou verband met ‘n hofbeslissing om nie staatsaanklaer Billy Downer van sy korrupsiesaak te verwyder nie. Zuma beweer Downer het sy mediese rekords aan die media gelek. Hy beskuldig Downer ook van botsende belange en vooroordeel teenoor hom. Die NVG se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê hulle sal seker maak die verhoor word nie verder vertraag nie: