Davos sit die pot mis – klimaataktiviste

Klimaataktiviste sê die Wêreld Ekonomiese Forum moes meer aandag geskenk het aan mense se lyding, veral in ontwikkelende lande wat uiterste weersomstandighede soos hittegolwe en oorstromings beleef. Dit volg nadat die wêreld se top klimaatwetenskaplikes gewaarsku het kweekhuisgasse moet in die volgende dekade skerp in toom gehou word om temperatuurstyging tot 1,5 grade Celsius te beperk. Die aktiviste sê oproepe om oor te skakel na hernubare energie was onoortuigend, aangesien dit nie deel was van planne om fossielbrandstof uit te faseer nie.