Vier vra dat Boris moet waai

Die lys parlementslede wat vra dat die Britse eerste minister Boris Johnson bedank, raak al langer. Dit volg na die vrystelling van Sue Gray se verslag oor partytjies wat tydens die inperking by Downingstraat gehou is. Vier wetgewers van die regerende Konserwatiewe Party het hulle steun aan die eerste minister onttrek. Een van hulle, John Baron, sê hy doen dit omdat hy glo Johnson het die Parlement doelbewus mislei. Die eerste minister ontken dit egter.