Simataa sê staatsamptenare vra te veel, vakbond sê nee

Die sekretaris van die kabinet, dr. George Simataa, sê die aanvanklike salaris-eise wat deur die twee vakbonde, die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie, Nantu gestel word, is te hoog. Simataa het verduidelik dat sou die regering tot die vakbond se eise instem, dit ‘n bykomende 3 miljard Namibiese dollar tot die reeds hoë loonrekening tot gevolg sal hê. Die regering bestee sowat 30 miljard dollar aan 120 000 staatsamptenare. Vakbondleier Job Muniaro het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê staatsdienswerkers eis salarisverhogings wat hulle verdien.