SA vroue swaarder getref deur afleggings

Suid-Afrikaanse vroue blyk in die algemeen swaarder getref te wees deur afleggings by die werk en veral vroue tussen21 en 34 jaar het die spit afgebyt, blyk uit Liberty Life se eise-statistieke vir 2021 wat pas gepubliseer is. Eise vir afleggings by die werk het verlede jaar 7,2 persent uitgemaak van alle lewenstyl-beskermingsprodukte wat Liberty […]

Read More

Eerste gevalle van aappokke in Ierland, Mexiko en Argentinië aangeteken

Die eerste gevalle van aappokke is die naweek in Ierland, Mexiko en Argentinië aangeteken. Mexiko het Saterdag die eerste bevestigde geval van aappokke in die land aangekondig. Die pasiënt, ‘n 50-jarige man van New York, word in Mexiko-stad behandel, die Hugo Lopez-Gatell, adjunkminister van gesondheid op Twitter gesê. Die pasiënt het waarskynlik die siekte in […]

Read More

Sokker: Sundowns wys wie is baas

Sokker: Mamelodi Sundowns is die houer van al drie die Suid-Afrikaanse kompetisies nadat hy Marumo Gallants gisteraand in die Royal Bafokeng-stadion met 2-1 geklop het om die Nedbank-beker in te palm. Thapelo Morena het die wendoel in die laaste oomblikke van bykomende tyd teen ʼn moedige Gallants aangeteken. Dit was in die 120ste minuut. Die […]

Read More

Openbare verhore oor aborsie na streke uitgebrei

Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsaangeleenthede sal openbare verhore hou oor die drie petisies wat die Nasionale Vergadering ontvang het met betrekking tot die wettiging en nie-wettiging van aborsie in Namibië asook die wysiging van die Wet op Aborsie en Sterilisasie van 1975. Die petisies van verskeie belangegroepe is in 2020 […]

Read More

Aljazeera nader Internasionale Strafhof ná moord op sy joernalis

De Aljazeera-nuusnetwerk is voornemens om ʼn strafsaak by die Internasionale Strafhof aanhangig te maak oor die moord op sy verslaggewer, Shireen Abu Akleh. Die vooraanstaande Palestyns-Amerikaanse joernalis is vroeër vandeesmaand tydens ʼn klopjag deur Israel op die besette Wesoewer doodgeskiet. Die netwerk, wat in Katar gebaseer is, en die Palestynse Owerheid beskuldig Israel daarvan dat […]

Read More

Leeus en Griekwas sorg vir opskudding in Curriebeker

Rugby: Ondersteuners van die Leeus is verheug oor hul span se eerste oorwinning van die seisoen. Die span van Johannesburg het die Westelike Provinsie gisteraand op Ellispark met 33-10 kafgedraf. Dit beteken die WP sal nie in die uitspeelwedstryde speel nie. Vroeёr het Griekwas verras deur die Vrystaat in Kimberley met 46-18 te klop. Daarmee […]

Read More

Bekroonde Namibiese skrywer se jongste boek op die rakke

Zirk van den Berg, die Namibiese bekroonde skrywer wat in Nieu-Seeland woon, se jongste boek, Die onsigbare pou, pryk nou op die boekwinkelrakke. Van den Berg is bekroon met drie KykNET-Rapport-pryse, asook die gesogte W.A. Hofmeyr-prys vir sy stadsprokiesroman, Ek wens, ek wens. Van den Berg gesels uit Auckland in Nieu-Seeland met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Landdros en aanklaer onttrek van Dennis Noa-saak

Die voortslepende hofsaak van die leerlingdokter Dennis Noa, wat van verkragting en poging tot moord op ‘n 18-jarige pasiënt teregstaan, is tot 14 Junie uitgestel nadat die aanklaer en die landdros van die saak onttrek het. Landdros Leopoldt Hangalo het gesê Noa is die seun van Paulus Noa, direkteur van die Teenkorrupsie Kommissie, wat ‘n […]

Read More

Kaapstad, Johannesburg en Pretoria van die gevaarlikste stede ter wêreld

Kaapstad, Johannesburg en Pretoria is van die gevaarlikste stede ter wêreld, het ‘n onlangse internasionale studie deur City@Risk gewys. Die jongste Cities@Risk-sekuriteitsindeks is deur die Verisk Maplecroft-risiko-maatskappy behartig en het die drie grootste stede in Suid-Afrika onder die gevaarlikste stede in die wêreld aangewys. Die indeks het 579 stede met ‘n bevolking van meer as […]

Read More

WGO Afrika sê Togo het tragoom uitgewis

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrikastreek sê Togo het tragoom as ʼn openbare gesondheidsprobleem uitgewis. Tragoom is ʼn verwaarloosde tropiese oogsiekte en word deur bakterie veroorsaak. Dit kan tot permanente blindheid lei. Die siekte kom meesal by kinders voor. In volwassenes kom dit vier keer meer by vroue as by mans voor. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streekdirekteur vir […]

Read More