Bekroonde Namibiese skrywer se jongste boek op die rakke

Zirk van den Berg, die Namibiese bekroonde skrywer wat in Nieu-Seeland woon, se jongste boek, Die onsigbare pou, pryk nou op die boekwinkelrakke. Van den Berg is bekroon met drie KykNET-Rapport-pryse, asook die gesogte W.A. Hofmeyr-prys vir sy stadsprokiesroman, Ek wens, ek wens. Van den Berg gesels uit Auckland in Nieu-Seeland met Kosmos 94.1 Nuus waaroor Die onsigbare pou handel.