Aljazeera nader Internasionale Strafhof ná moord op sy joernalis

De Aljazeera-nuusnetwerk is voornemens om ʼn strafsaak by die Internasionale Strafhof aanhangig te maak oor die moord op sy verslaggewer, Shireen Abu Akleh. Die vooraanstaande Palestyns-Amerikaanse joernalis is vroeër vandeesmaand tydens ʼn klopjag deur Israel op die besette Wesoewer doodgeskiet. Die netwerk, wat in Katar gebaseer is, en die Palestynse Owerheid beskuldig Israel daarvan dat hulle haar doelbewus doodgeskiet het. Israel verwerp bewerings dat Abu Akleh met opset doodgeskiet is.