Sokker: Sundowns wys wie is baas

Sokker: Mamelodi Sundowns is die houer van al drie die Suid-Afrikaanse kompetisies nadat hy Marumo Gallants gisteraand in die Royal Bafokeng-stadion met 2-1 geklop het om die Nedbank-beker in te palm. Thapelo Morena het die wendoel in die laaste oomblikke van bykomende tyd teen ʼn moedige Gallants aangeteken. Dit was in die 120ste minuut. Die Brazilians is reeds die wenners van die MTN8 en die DStv Premierliga.