SA vroue swaarder getref deur afleggings

Suid-Afrikaanse vroue blyk in die algemeen swaarder getref te wees deur afleggings by die werk en veral vroue tussen21 en 34 jaar het die spit afgebyt, blyk uit Liberty Life se eise-statistieke vir 2021 wat pas gepubliseer is. Eise vir afleggings by die werk het verlede jaar 7,2 persent uitgemaak van alle lewenstyl-beskermingsprodukte wat Liberty uitbetaal het, vergeleke met 8 persent in 2020. Altesaam 53 persent van die eise vir aflegging was vroue en van hulle was byna 85 persent in die ouderdomsgroep 21 tot 44 jaar. Vir die totale eise vir aflegging was 78 persent individue tussen 35 en 54 jaar wat hul werk verloor het.