Eerste gevalle van aappokke in Ierland, Mexiko en Argentinië aangeteken

Die eerste gevalle van aappokke is die naweek in Ierland, Mexiko en Argentinië aangeteken. Mexiko het Saterdag die eerste bevestigde geval van aappokke in die land aangekondig. Die pasiënt, ‘n 50-jarige man van New York, word in Mexiko-stad behandel, die Hugo Lopez-Gatell, adjunkminister van gesondheid op Twitter gesê. Die pasiënt het waarskynlik die siekte in Nederland opgedoen. Argentinië het sy eerste twee gevalle aangeteken en Ierland sy eerste geval. Spanje, Engeland en Portugal is die lande met die meeste gevalle na die onlangse uitbreking van aappokke wat gewoonlik in dele van Wes- en Sentraal-Afrika voorkom.