Leeus en Griekwas sorg vir opskudding in Curriebeker

Rugby: Ondersteuners van die Leeus is verheug oor hul span se eerste oorwinning van die seisoen. Die span van Johannesburg het die Westelike Provinsie gisteraand op Ellispark met 33-10 kafgedraf. Dit beteken die WP sal nie in die uitspeelwedstryde speel nie. Vroeёr het Griekwas verras deur die Vrystaat in Kimberley met 46-18 te klop. Daarmee het Griekwas bo die Sharks op die punteleer ingeskuif. Die Bulle het die Pumas Vrydag met 31-26 in Pretoria geklop en sodoende sy kanse verbeter om die eindwedstryd op sy tuisveld aan te bied.