WGO Afrika sê Togo het tragoom uitgewis

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrikastreek sê Togo het tragoom as ʼn openbare gesondheidsprobleem uitgewis. Tragoom is ʼn verwaarloosde tropiese oogsiekte en word deur bakterie veroorsaak. Dit kan tot permanente blindheid lei. Die siekte kom meesal by kinders voor. In volwassenes kom dit vier keer meer by vroue as by mans voor. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streekdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti, sê Togo se prestasie is ‘n betekenisvolle stap om tragoom geheel en al uit te wis.