Openbare verhore oor aborsie na streke uitgebrei

Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsaangeleenthede sal openbare verhore hou oor die drie petisies wat die Nasionale Vergadering ontvang het met betrekking tot die wettiging en nie-wettiging van aborsie in Namibië asook die wysiging van die Wet op Aborsie en Sterilisasie van 1975. Die petisies van verskeie belangegroepe is in 2020 ontvang en na die komitee verwys vir verdere oorweging. Die komitee het tot dusver openbare verhore met die gegriefdes, lynministeries en ander belanghebbendes in Windhoek gehou. Openbare verhore is in die Erongo-, Omaheke-, Hardap- en Karas-streke gehou. Om die verhore na die res van die streke uit te brei, het die komitee die verhore geskeduleer om van 31 Mei tot 2 Junie in die streke van Zambezi, Ohangwena en Kavango-Oos voort te gaan.