ANC gaan nie sy Nasionale Ontwikkelingsplan teen 2030 bereik nie
Die ANC het erken hy gaan nie sy teikens in die Nasionale Ontwikkelingsplan teen 2030 bereik nie. Die voorsitter van die party se komitee vir ekonomiese hervorming, Mmamoloko Kubayi, sê ekonomiese uitdagings soos natuurrampe, die Covid-19-pandemie, oorlog in Oekraïne en die onluste in Julie het die plan se teikens onhaalbaar gemaak. Die ANC hou in […]
AU besorg oor terrorisme op vasteland
Die voorsitter van die Afrika-unie, Moussa Faki Mahamat, sê terrorisme gedy op die vasteland weens ʼn gebrek aan solidariteit met lande wat gebuk gaan onder die plaag. Hy was die spreker op die Afrika-unie se 16e buitengewone spitsberaad in Malabo, Ekwatoriaal-Guinee. Mahamat sê die Afrika-unie eerbiedig nie sy eie verpligtinge om terrorisme hok te slaan […]
Britse owerhede wil hê Kevin Spacey moet uitgelewer word
Owerhede in die Verenigde Koninkryk sal na verwagting versoek dat die Hollywood-akteur, Kevin Spacey, amptelik uitgelewer word indien hy nie vrywillig na dié land terugkeer nie. Hy word in Brittanje aangekla van die seksuele aanranding op vier mans. Die voorvalle het na bewering tussen 2005 en 2013 in Londen en Gloucester plaasgevind. Internasionale media berig […]
Operasies by hospitaal in Soweto gekanselleer weens tekort aan skoon beddegoed
Die DA in Gauteng sê honderde operasies is die afgelope drie weke by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal in Soweto gekanselleer weens ʼn tekort aan skoon beddegoed. Jack Bloom van die DA sê die tekort is skynbaar te wyte aan onklaar masjinerie by die hospitaal se eie wassery. Hy sê dit is nog ʼn voorbeeld […]
Maatskaplike aktivis: Namibië kan nie meer wegskram van aborsiedebat
‘n Namibiese maatskaplike aktivis sê Namibiërs kan nie meer wegskram van die aborsiedebat nie. Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsaangeleenthede sal openbare verhore hou oor die drie petisies wat die Nasionale Vergadering ontvang het met betrekking tot die wettiging en nie-wettiging van aborsie in Namibië. Die komitee het tot dusver openbare […]
Argument oor domino-speletjie lei tot messteek
‘n Argument oor ‘n domino-speletjie het glo die lewe van ‘n 36-jarige man van Stampriet die naweek geëis. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is Albertus Leon de Kock met ‘n mes in die regterkant van sy bors gesteek nadat sy speelmaat na die argument oor die speletjie ‘n mes by sy huis gaan haal […]
Twee Covid-sterftes op Opuwo, Outjo aangemeld
Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes op Opuwo en Outjo aangemeld, asook 153 nuwe Covid-gevalle uit 852 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 18 persent verteenwoordig. In die groep is 39 leerders van verskillende skole, ses gesondheidswerkers, vier onderwysers en drie studente. Daar is nou 2 919 aktiewe gevalle, waarvan 61 pasiënte in hospitale […]
Zimbabwe voer 400 000 ton mielies van Zambië en Malawi in
Die Graanmeulenaars-vereniging van Zimbabwe het 400 000 metrieke ton mielie-invoere van Zambië en Malawi verseker in wat dit “ekonomiese diplomasie” noem, aangesien verskeie Afrika-lande begin rondkyk vir graan. Die mielies sou teen 30 Junie afgelewer word om ‘n voedselkrisis te verlig in ‘n land wat volgens die Wêreldvoedselprogram na raming ses miljoen mense het wat […]
Operasie Basadi: 26 gearresteer vir huishoudelike geweld
Die eerste fase van die Namibiese polisie se pas afgelope Operasie Basadi is deur die bevelvoerder, generaal-majoor Anna-Marie Nainda, as ‘n reuse-sukses beskryf. Operasie Basadi is deur 1 588 vroue van die Vroue-Netwerk-strukture landwyd uitgevoer en die fokus was op verdagtes in gevalle van geweld teen vroue, kinders en bejaardes. Altesaam 26 gevalle van huishoudelike […]
Cheetah Cement hervat weer bedrywighede ná arbeidsinspeksie
Alle bedrywighede by Cheetah Cement net buite Otjiwarongo wat deur die arbeidsministerie op 10 Mei opgeskort is weens die oortreding van arbeidswette in verband met die gesondheid en veiligheid van werknemers, is weer op Maandag 23 Mei hervat. Inspekteurs van die arbeidsministerie het inspeksies op 16 en 20 Mei uitgevoer en is tevrede met die […]