AU besorg oor terrorisme op vasteland

Die voorsitter van die Afrika-unie, Moussa Faki Mahamat, sê terrorisme gedy op die vasteland weens ʼn gebrek aan solidariteit met lande wat gebuk gaan onder die plaag. Hy was die spreker op die Afrika-unie se 16e buitengewone spitsberaad in Malabo, Ekwatoriaal-Guinee. Mahamat sê die Afrika-unie eerbiedig nie sy eie verpligtinge om terrorisme hok te slaan nie. Die Verenigde Nasies se ondersekretaris-generaal vir anti-terreur, Vladimir Volunkov, sê op sy beurt terrorisme bly ʼn noemenswaardige globale bedreiging.