ANC gaan nie sy Nasionale Ontwikkelingsplan teen 2030 bereik nie

Die ANC het erken hy gaan nie sy teikens in die Nasionale Ontwikkelingsplan teen 2030 bereik nie. Die voorsitter van die party se komitee vir ekonomiese hervorming, Mmamoloko Kubayi, sê ekonomiese uitdagings soos natuurrampe, die Covid-19-pandemie, oorlog in Oekraïne en die onluste in Julie het die plan se teikens onhaalbaar gemaak. Die ANC hou in Julie ‘n beleidskonferensie. Kubayi sê hulle gaan bespreek of die haalbare ekonomiese teikens se datum na 2035 in plaas van 2030 verskuif moet word.