Twee Covid-sterftes op Opuwo, Outjo aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes op Opuwo en Outjo aangemeld, asook 153 nuwe Covid-gevalle uit 852 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 18 persent verteenwoordig. In die groep is 39 leerders van verskillende skole, ses gesondheidswerkers, vier onderwysers en drie studente. Daar is nou 2 919 aktiewe gevalle, waarvan 61 pasiënte in hospitale in 10 streke is en ses in hoësorgeenhede. Altesaam 23,5 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.