Operasies by hospitaal in Soweto gekanselleer weens tekort aan skoon beddegoed

Die DA in Gauteng sê honderde operasies is die afgelope drie weke by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal in Soweto gekanselleer weens ʼn tekort aan skoon beddegoed. Jack Bloom van die DA sê die tekort is skynbaar te wyte aan onklaar masjinerie by die hospitaal se eie wassery. Hy sê dit is nog ʼn voorbeeld van swak instandhouding wat ʼn ontwrigting van gesondheidsdienste veroorsaak.