Maatskaplike aktivis: Namibië kan nie meer wegskram van aborsiedebat

‘n Namibiese maatskaplike aktivis sê Namibiërs kan nie meer wegskram van die aborsiedebat nie. Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsaangeleenthede sal openbare verhore hou oor die drie petisies wat die Nasionale Vergadering ontvang het met betrekking tot die wettiging en nie-wettiging van aborsie in Namibië. Die komitee het tot dusver openbare verhore met lynministeries en ander belanghebbendes in Windhoek, asook in die Erongo-, Omaheke-, Hardap- en Karas-streke gehou. Om die verhore na die res van die streke uit te brei, het die komitee die verhore geskeduleer om van 31 Mei tot 2 Junie in die streke van Zambezi, Ohangwena en Kavango-Oos voort te gaan. Rosa Namises het haar mening aan Kosmos 94.1 Nuus só verwoord.