Zimbabwe voer 400 000 ton mielies van Zambië en Malawi in

Die Graanmeulenaars-vereniging van Zimbabwe het 400 000 metrieke ton mielie-invoere van Zambië en Malawi verseker in wat dit “ekonomiese diplomasie” noem, aangesien verskeie Afrika-lande begin rondkyk vir graan. Die mielies sou teen 30 Junie afgelewer word om ‘n voedselkrisis te verlig in ‘n land wat volgens die Wêreldvoedselprogram na raming ses miljoen mense het wat voedselhulp benodig. Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boere-vereniging van Zimbabwe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dié graan-invoere gaan beslis nie genoeg wees nie.  

Theron het bygevoeg dit sou baie goedkoper gewees het as Zimbabwe die mielies geproduseer het …