Argument oor domino-speletjie lei tot messteek

‘n Argument oor ‘n domino-speletjie het glo die lewe van ‘n 36-jarige man van Stampriet die naweek geëis. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is Albertus Leon de Kock met ‘n mes in die regterkant van sy bors gesteek nadat sy speelmaat na die argument oor die speletjie ‘n mes by sy huis gaan haal het. Die mes se hef het afgebreek. Die voorval het by die Pink-klubhuis op die Suide-dorp plaasgevind en die verdagte is in hegtenis geneem.