Cheetah Cement hervat weer bedrywighede ná arbeidsinspeksie

Alle bedrywighede by Cheetah Cement net buite Otjiwarongo wat deur die arbeidsministerie op 10 Mei opgeskort is weens die oortreding van arbeidswette in verband met die gesondheid en veiligheid van werknemers, is weer op Maandag 23 Mei hervat. Inspekteurs van die arbeidsministerie het inspeksies op 16 en 20 Mei uitgevoer en is tevrede met die regstellings by die fabriek. Die maatskappy is ‘n gesamentlike onderneming tussen sommige Chinese beleggers en Whale Rock wat handel dryf as Cheetah Cement. Onlangs is agt onwettige Chinese burgers op die perseel gevind en gedeporteer. Sowat 210 Namibiërs en 44 Chinese werk vir Cheetah Cement.