WGO sê dis onwaarskynlik dat aappokke tot pandemie sal lei

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dis onwaarskynlik dat die uitbreking van aappokke tot ‘n pandemie sal lei. Daar is op die oomblik meer as 300 moontlike en bevestigde gevalle van die virus, die meeste hiervan in Europa. Die WGO sê die algemene openbare gesondheidsrisiko op globale vlak word tans as matig beskou. Dit voeg by hierdie risiko […]

Read More

Chelsea se verkooptransaksie van N$83,16 miljard is afgehandel

Sokker: Chelsea se verkooptransaksie van 83,16 miljard Namibiese dollar aan ‘n konsortium onder leiding van die Amerikaanse belegger, Todd Boehly, en die privaat aandele-firma Clearlake Capital, is afgehandel. Die sokkerklub was 19 jaar in besit van Roman Abramovich waartydens die klub 21 trofeë gewen het, insluitend vyf Premierliga-titels en twee Kampioenskapsligas. Die nuwe eienaars sê […]

Read More

Covid-inenting vandag by Soweto-mark

Stad Windhoek en sy vennote is tans besig met ‘n Covid-inentingsveldtog by die Soweto-mark in Katutura in die hoofstad. Dit duur tot vyf-uur vanmiddag. Die Covid-entstowwe Sinopharm, AstraZeneca, Johnson en Johnson en Pfizer is beskikbaar. Slegs 23,5 van Namibiërs is ten volle ingeënt en boonop moet die regering entstowwe vernietig omdat hulle hul vervaldatum bereik het. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek is aan […]

Read More

Nabta oorweeg verhoging in bus- en taxi-tariewe

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, bekend as Nabta, het verlede maand ‘n verhoging van tariewe van 15 persent van die ministerie van werke en vervoer versoek weens die verhoging in brandstofpryse, maar hul versoek is nog nie goedgekeur nie. Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat petrol môre met 2 Namibiese dollar 50 […]

Read More

Rusland gaan nie meer gas aan Nederland voorsien

Rusland sê hy gaan van vandag af nie langer gas aan Nederland voorsien nie. Dit volg nadat die Nederlandse staatsbeheerde gasmaatskappy GasTerra besluit het om die regering se raad te volg en te weier om gas met Russiese roebel te betaal. Ongeveer 15 persent van Nederlandse gas is uit Rusland afkomstig. Die Russiese president Vladimir […]

Read More

Frankryk en Brittanje beskuldig mekaar oor chaos van sokker-eindstryd

Sokker: Frankryk en Brittanje het mekaar aan die keel beet oor die chaos wat uitgebreek het in Saterdagaand se Kampioeneliga-eindstryd tussen Real Madrid en Liverpool in Parys. Die wedstryd het laat afgeskop nadat duisende Liverpool-ondersteuners sonder geldige kaartjies na wat berig word die stadion probeer binnekom het. Frankryk se minister van binnelandse sake, Gerald Darmanin, […]

Read More

Kankervereniging toets Donderdag vir prostaatkanker

Die Kankervereniging van Namibië gaan Donderdag vanaf nege-uur die oggend tot 12-uur die middag prostaatkankertoetse op mans by hul kliniek in Windhoek doen. Die koste van die toetse beloop 100 Namibiese dollar en 150 dollar vir ‘n cholesterolvlak-toets ingesluit. Dit is slegs vir mans van 40 jaar en ouer. Mans moet hul Namibiese identiteitsdokumente saambring. […]

Read More

Konstitusionele Hof verwerp aansoek van Tesourie oor tenders

Die Konstitusionele Hof het ‘n aansoek van die Nasionale Tesourie oor tenders en regeringsverkryging van die hand gewys. Die hof hou by sy bevel in Februarie dat die verkrygingsregulasies van 2017 ongeldig is. Dit wys verder daarop dat vertragings in staatsverkryging sedert die beslissing in Februarie voor die deur van die Tesourie en die minister […]

Read More

Erongo-streek steier onder padongelukke

Die Erongo-streek het 1 119 padongelukke aangeteken wat tot 125 sterftes tussen 2019 en Mei 2022 gelei het, wat dit een van die streke maak met ‘n hoë risiko vir sterftes en ernstige beserings van motorongelukke. Boonop is Erongo verantwoordelik vir 10 persent van alle ongelukke wat jaarliks in Namibië plaasvind, met beserings en sterftes […]

Read More

Gautengse premier versoek om SOE-korrupsieverslae bekend te maak 

Die DA in Gauteng vra premier David Makhura om sy woord te hou en die Spesiale Ondersoekeenheid se verslae oor die provinsie se stand van integriteit en teenkorrupsie vandag bekend maak. Makhura het in Februarie onthul die ondersoekeenheid het ook 14 verwysings aan die provinsiale regering oorhandig om op te tree teen amptenare wat by […]

Read More