Chelsea se verkooptransaksie van N$83,16 miljard is afgehandel

Sokker: Chelsea se verkooptransaksie van 83,16 miljard Namibiese dollar aan ‘n konsortium onder leiding van die Amerikaanse belegger, Todd Boehly, en die privaat aandele-firma Clearlake Capital, is afgehandel. Die sokkerklub was 19 jaar in besit van Roman Abramovich waartydens die klub 21 trofeë gewen het, insluitend vyf Premierliga-titels en twee Kampioenskapsligas. Die nuwe eienaars sê hulle is daartoe verbind om op belangrike gebiede te fokus wat Chelsea se mededingendheid sal uitbrei en verbeter. Dit sluit die herontwikkeling van Stamford Bridge in.