Gautengse premier versoek om SOE-korrupsieverslae bekend te maak 

Die DA in Gauteng vra premier David Makhura om sy woord te hou en die Spesiale Ondersoekeenheid se verslae oor die provinsie se stand van integriteit en teenkorrupsie vandag bekend maak. Makhura het in Februarie onthul die ondersoekeenheid het ook 14 verwysings aan die provinsiale regering oorhandig om op te tree teen amptenare wat by oortredings betrek word. Die DA se woordvoerder, Dorianne Arendse, sê die provinsiale regering neem nie korrupsie ernstig op nie.