Frankryk en Brittanje beskuldig mekaar oor chaos van sokker-eindstryd

Sokker: Frankryk en Brittanje het mekaar aan die keel beet oor die chaos wat uitgebreek het in Saterdagaand se Kampioeneliga-eindstryd tussen Real Madrid en Liverpool in Parys. Die wedstryd het laat afgeskop nadat duisende Liverpool-ondersteuners sonder geldige kaartjies na wat berig word die stadion probeer binnekom het. Frankryk se minister van binnelandse sake, Gerald Darmanin, beskryf die gebeure as ‘n reuse bedrogspul, terwyl Brittanje se minister van kultuur, Nadine Dorries, die Europese beheerliggaaam UEFA vir ‘n volledige ondersoek vra. Real het met 1-0 gewen en die titel ingepalm.