WGO sê dis onwaarskynlik dat aappokke tot pandemie sal lei

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dis onwaarskynlik dat die uitbreking van aappokke tot ‘n pandemie sal lei. Daar is op die oomblik meer as 300 moontlike en bevestigde gevalle van die virus, die meeste hiervan in Europa. Die WGO sê die algemene openbare gesondheidsrisiko op globale vlak word tans as matig beskou. Dit voeg by hierdie risiko kan verhoog as die virus tot ‘n menslike patogeen ontwikkel en na hoërisiko-groepe soos jong kinders versprei, wat die siekte in ‘n erge vorm kan kry.