Rusland gaan nie meer gas aan Nederland voorsien

Rusland sê hy gaan van vandag af nie langer gas aan Nederland voorsien nie. Dit volg nadat die Nederlandse staatsbeheerde gasmaatskappy GasTerra besluit het om die regering se raad te volg en te weier om gas met Russiese roebel te betaal. Ongeveer 15 persent van Nederlandse gas is uit Rusland afkomstig. Die Russiese president Vladimir Putin het ‘n dekreet onderteken waarin geëis word dat betaling vir Russiese gas slegs in roebels gemaak word. GasTerra sê daar is te veel finansiële en operasionele risiko’s om betalings op hierdie manier te doen.