Nabta oorweeg verhoging in bus- en taxi-tariewe

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, bekend as Nabta, het verlede maand ‘n verhoging van tariewe van 15 persent van die ministerie van werke en vervoer versoek weens die verhoging in brandstofpryse, maar hul versoek is nog nie goedgekeur nie. Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat petrol môre met 2 Namibiese dollar 50 sent sal styg en diesel met 1 dollar 50. Die sekretaris-generaal van Nabta, Pendapala Nakathingo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle sal hul verhoging in tariewe hersien en oorweeg.