Konstitusionele Hof verwerp aansoek van Tesourie oor tenders

Die Konstitusionele Hof het ‘n aansoek van die Nasionale Tesourie oor tenders en regeringsverkryging van die hand gewys. Die hof hou by sy bevel in Februarie dat die verkrygingsregulasies van 2017 ongeldig is. Dit wys verder daarop dat vertragings in staatsverkryging sedert die beslissing in Februarie voor die deur van die Tesourie en die minister van finansies, Enoch Godongwana, gelê moet word. Die Tesourie se waanemende verkrygingsbeampte, Molefe Fani, het gesê hulle het nou tyd om foute in die 2017-verkrygingsregulasies reg te maak.