Erongo-streek steier onder padongelukke

Die Erongo-streek het 1 119 padongelukke aangeteken wat tot 125 sterftes tussen 2019 en Mei 2022 gelei het, wat dit een van die streke maak met ‘n hoë risiko vir sterftes en ernstige beserings van motorongelukke. Boonop is Erongo verantwoordelik vir 10 persent van alle ongelukke wat jaarliks in Namibië plaasvind, met beserings en sterftes wat onderskeidelik 9 en 7 persent uitmaak, volgens Motorvoertuig-ongelukkefonds se statistieke wat deur Erongo-goewerneur Neville Andre onthul is. Hy sê die meerderheid mense wat by motorvoertuigongelukke betrokke is, is tussen die ouderdomme van 21 en 35 jaar.