Kankervereniging toets Donderdag vir prostaatkanker

Die Kankervereniging van Namibië gaan Donderdag vanaf nege-uur die oggend tot 12-uur die middag prostaatkankertoetse op mans by hul kliniek in Windhoek doen. Die koste van die toetse beloop 100 Namibiese dollar en 150 dollar vir ‘n cholesterolvlak-toets ingesluit. Dit is slegs vir mans van 40 jaar en ouer. Mans moet hul Namibiese identiteitsdokumente saambring. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen …