Nasionale Raad se komitee is verstom oor geen groenskema in Zambezi
Ten spyte van sy standhoudende vloeiende riviere en vrugbare gronde, is die Zambezi-streek tans sonder ‘n enkele groenskema; ’n werklikheid wat lede van die Nasionale Raad verstom het. Die raad se staande komitee oor landbou, omgewing en natuurlike hulpbronne het die ontdekking gemaak tydens onlangse besoeke oor landelike watervoorsiening. Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu het die parlementslede […]
SA polisie bevestig gewese spioenbaas kla Ramaphosa aan
Die Suid-Afrikaanse polisie het bevestig dat sy gewese spioenbaas, Arthur Fraser, ‘n saak van geldwassery, regsverydeling en ontvoering teen President Cyril Ramaphosa by die Rosebank-polisiekantoor in Johannesburg aanhangig gemaak het. Dit hou verband met die beweerde diefstal van geld wat volgens Fraser op Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo versteek is. Hy beweer verdagtes wat […]
Johnny Depp wen smerige naamskendingsaak teen Amber Heard
Ses weke van smet, verwyte en brutale bekgevegte in die hofsaak van die Johnny Depp en Amber Heard het tot ‘n einde gekom toe die jurie ten gunste van Depp beslis het in die smerige naamskendingsaak waarvolgens hy haar vir 50 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding gedagvaar het. ‘n Jurie in Virginië het bevind Heard […]
Junior Bokke takel Sesnasies se jong Turke in Italië
Rugby: Sesnasies-rugby het bevestig die Junior-Springbokke sal later die maand deelneem aan ‘n onder-20-somerreeks in Europa. Die Suid-Afrikaners sal van 24 Junie tot 12 Julie in Italië te staan kom teen die Sesnasies-lande se jong Turke, sowel as Georgië. Die toernooi, wat gesteun word deur Wêreldrugby, word in Treviso en Verona aangebied. Die voorsitter van […]
Adjunk-president van EFF vrygespreek op aanranding van joernalis
Die adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu, is vrygespreek op aanklagte van gewone aanranding. Dit volg ná ‘n suksesvolle aansoek dat hy na die afsluiting van die staat se saak nie verder vervolg moet word nie. Die landdroshof in Kaapstad het die klaer en getuies se getuienis verwerp en sê een van die getuies het […]
Adjunk-president van EFF vrygespreek op aanranding van joernalis
Die adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu, is vrygespreek op aanklagte van gewone aanranding. Dit volg ná ‘n suksesvolle aansoek dat hy na die afsluiting van die staat se saak nie verder vervolg moet word nie. Die landdroshof in Kaapstad het die klaer en getuies se getuienis verwerp en sê een van die getuies het […]
Werkgewersfederasie en Internasionale Arbeidsorganisasie bied slypskool aan
Die Namibiese Werkgewers-federasie bied vandag en môre ‘n slypskool in in samewerking met die Internasionale Arbeidsorganisasie in Windhoek aan. Die slypskool het ten doel om Namibiese werkgewers- en werkers-organisasies te help om ‘n beter begrip van die organisasie te hê, veral dié rakende gelyke geleenthede en behandeling; Die organisasie se arbeidsregspesialis in Oos- en Suider-Afrika, […]
Planne verwelkom vir moedertaalonderrig in SA
Onderwyskenners in die buurland het hulle uitgelaat oor die departement van basiese onderwys se planne om moedertaal-onderrig in te stel. Die departement glo dit sal uitkomste in skole help verbeter. Minister Angie Motshekga het onlangs gesê haar departement moedig leerders aan om waar dit ook al moontlik is, in hulle moedertale te leer. Professor Zodwa […]
Peter de Villiers bedank uit GOOD-party
Die GOOD-party het die vertrek bevestig van die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers as raadslid van die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap om hom op ander bedrywighede toe te spits. Die aankondiging volg op die onlangse dood van De Villiers se vrou wat in ‘n swembad in Gqeberha in die Oos-Kaap verdrink het. GOOD se leierskap […]
Sokker: Katar se Wêreldbeker toe nie so groen
Sokker: Carbon Market Watch sê vanjaar se Wêreldbeker in Katar se koolstof-voetspoor sal nie nul wees nie, ten spyte van organiseerders se bewering dat hulle die eerste koolstofvrye Fifa-wêreldbeker in die geskiedenis gaan aanbied. Hulle wil dit bereik deur hernubare energie by al agt stadions te gebruik. Carbon Market Watch se woordvoerder, Gilles Dufrasne, sê […]