SA polisie bevestig gewese spioenbaas kla Ramaphosa aan

Die Suid-Afrikaanse polisie het bevestig dat sy gewese spioenbaas, Arthur Fraser, ‘n saak van geldwassery, regsverydeling en ontvoering teen President Cyril Ramaphosa by die Rosebank-polisiekantoor in Johannesburg aanhangig gemaak het. Dit hou verband met die beweerde diefstal van geld wat volgens Fraser op Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo versteek is. Hy beweer verdagtes wat met Ramaphosa se huiswerker saamgewerk het, het sowat 62,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand gesteel. Fraser beweer die verdagtes is ontvoer en op die plaas ondervra, maar Ramaphosa het die misdaad stil gehou. Die polisie sê die nodige prosesse sal gevolg word.