Junior Bokke takel Sesnasies se jong Turke in Italië

Rugby: Sesnasies-rugby het bevestig die Junior-Springbokke sal later die maand deelneem aan ‘n onder-20-somerreeks in Europa. Die Suid-Afrikaners sal van 24 Junie tot 12 Julie in Italië te staan kom teen die Sesnasies-lande se jong Turke, sowel as Georgië. Die toernooi, wat gesteun word deur Wêreldrugby, word in Treviso en Verona aangebied. Die voorsitter van die wêreldliggaam, Bill Beaumont, sê dit is ‘n fantastiese geleentheid vir belowende jong spelers om op die hoogste vlak mee te ding.