Peter de Villiers bedank uit GOOD-party

Die GOOD-party het die vertrek bevestig van die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers as raadslid van die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap om hom op ander bedrywighede toe te spits. Die aankondiging volg op die onlangse dood van De Villiers se vrou wat in ‘n swembad in Gqeberha in die Oos-Kaap verdrink het. GOOD se leierskap sê in ‘n verklaring hulle het sy bedanking aanvaar. Hulle sê De Villiers bly ‘n lid van die party.