Planne verwelkom vir moedertaalonderrig in SA

Onderwyskenners in die buurland het hulle uitgelaat oor die departement van basiese onderwys se planne om moedertaal-onderrig in te stel. Die departement glo dit sal uitkomste in skole help verbeter. Minister Angie Motshekga het onlangs gesê haar departement moedig leerders aan om waar dit ook al moontlik is, in hulle moedertale te leer. Professor Zodwa Motsa Maikane van Unisa verwelkom die stap en sê die departement beweeg in die regte rigting.