Nasionale Raad se komitee is verstom oor geen groenskema in Zambezi

Ten spyte van sy standhoudende vloeiende riviere en vrugbare gronde, is die Zambezi-streek tans sonder ‘n enkele groenskema; ’n werklikheid wat lede van die Nasionale Raad verstom het. Die raad se staande komitee oor landbou, omgewing en natuurlike hulpbronne het die ontdekking gemaak tydens onlangse besoeke oor landelike watervoorsiening. Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu het die parlementslede ingelig dat die streek geseën is met voldoende waterbronne, omring deur riviere, maar daar was geen enkele besproeiingsprojek nie, het die komitee bevind. Die laaste funksionerende groenskema was die Kalimbeza-rysprojek, wat nou ‘n ‘wit olifant’ is. Jona Musheko, die landbouministerie se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Musheko sê ook dit is duur om ‘n groenskema te bedryf, maar dit sal binnekort iets van die verlede wees.

https://iframe.iono.fm/e/1189471