Adjunk-president van EFF vrygespreek op aanranding van joernalis

Die adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu, is vrygespreek op aanklagte van gewone aanranding. Dit volg ná ‘n suksesvolle aansoek dat hy na die afsluiting van die staat se saak nie verder vervolg moet word nie. Die landdroshof in Kaapstad het die klaer en getuies se getuienis verwerp en sê een van die getuies het selfs sy weergawe aangepas om by die staat se saak in te pas. Shivambu is aangekla nadat hy na bewering in 2018 ‘n joernalis Adrian de Kock buite die parlement in Kaapstad aangerand het. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag het die uitspraak aanvaar.