Sokker: Katar se Wêreldbeker toe nie so groen

Sokker: Carbon Market Watch sê vanjaar se Wêreldbeker in Katar se koolstof-voetspoor sal nie nul wees nie, ten spyte van organiseerders se bewering dat hulle die eerste koolstofvrye Fifa-wêreldbeker in die geskiedenis gaan aanbied. Hulle wil dit bereik deur hernubare energie by al agt stadions te gebruik. Carbon Market Watch se woordvoerder, Gilles Dufrasne, sê ten spyte van ‘n gebrek aan deursigtigheid toon bewyse vrystellings by hierdie Wêreldbeker gaan aansienlik hoër wees. Dufrasne bevraagteken ook die geloofwaardigheid en onafhanklikheid van ‘n koolstofkredietstelsel wat spesiaal vir die toernooi ontwerp is.