Japannese toppies is TikTok-sterre
Vier mans in hulle 50’s en 60’s wat deel is van die groep Ojiqun, is Japan se jongste TikTok-sensasie. Met meer as 34 000 TikTok-volgelinge, dans die groep op pop-wysies in hulle hemde, dasse en helderkleurige maag-verwarmers. Hulle video’s is al meer as 16 miljoen keer gekyk. Nuusagentskappe berig die vier wil hulle plattelandse dorpie, […]
Besproeiing van riete werk nie, en tog hou NamWater daarmee aan
Die riet beddens in die Visrivier net onder die Hardapdam se wal, moet onder beheer gehou word, veral na die 2006 vloede. Dit is volgens die landbouminister, Calle Schlettwein, is dit die verantwoordelikheid van NamWater en volgens Abraham Nehemia, die uitvoerende hoof van die watervoorsiener, is dit ‘n onbegonne taak. Hy verduidelik… Die riete word […]
7,1m Somaliërs het nie genoeg kos nie
Byna ‘n kwart miljoen mense staar hongersnood in Somalië in die gesig, aangedryf deur ‘n voortslepende droogte en rekord voedselpryse. Volgens die Verenigde Nasies is dit die vierde opeenvolgende jaar wat Somalië nie reën ontvang nie en die kostes van stapelvoedsel is ook buite bereik van meeste mense in die land. Ongeveer 213 000 Somaliërs loop […]
Verhoor van Floyd-verdagtes uitgestel vir ‘regverdigheid’
Minnesota-regter Peter Cahill het die verhoor van twee voormalige polisiebeamptes van Minneapolis wat aangekla word van die moord op George Floyd tot volgende jaar uitgestel. Hy het beslis dat die verhoor vir J. Alexander Kueng en Tou Thao, wat hierdie maand sou begin, nou vir 5 Januarie volgende jaar neergelê is. Hy sê dat mediadekking van Derek Chauvin se skuldigbevinding, […]
Drie groot toekennings vir Krieket Namibië
Krieket Namibië het drie toekennings van die Internasionale Krieketraad ontvang. Die vroue-krieketspan het met ‘n toekenning weggestap en die Ontwikkelings-inisiatief van die Jaar is Namibië se Ashburton Kwata Mini-krieketprogram. Krieket Namibia se uitvoerende hoof, Johan Muller, gesels met Kosmos 94.1 Nuus. Muller sê die groot prys gaan aan die Richelieu Eagles-mansspan.
Johnson se dae is verby…
‘n Britse parlementslid vir die Skotse Nasionale Party, Ian Blackford, sê die premier Boris Johnson se dae is verby. Dit volg nadat hy ‘n mosie van vertrou in die parlement oorleef het maar, 40 persent van sy eie partylede het teen hom gestem. Blackford sê Johnson moet vandag bedank.
Nasionale Vergadering hervat vandag na reses
Die Namibiese parlement hervat vandag sy sessies nadat dit in reses was. Voor die reses was daar ‘n aantal wetsontwerpe ter tafel gelê vir debat, waaronder die wetsontwerpe op toegang tot inligting en die voorkoming van verkragting. Watter van hierdie wetsontwerpe sal die prioriteit in die Nasionale Vergadering wees. Frederico Links van Action Coalition het […]
Gupta-uitlewering gaan uiters moeilik wees
Terwyl meeste politieke partye en burgerlike organisasies verheug is oor die arrestasie van Atul en Rajesh Gupta is, sê die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Sandile Swana, hy verwelkom die nuus met versigtigheid. Die arrestasies volg vier maande nadat Interpol ‘n rooi kennisgewing uitgereik het dat hulle vir bedrog en geldwassery in hegtenis geneem moet word. Hulle […]
Aap-pokke brei verder in Verenigde Koninkryk uit
Die totale aantal bevestigde gevalle van aap-pokke in Brittanje het tot 302 gestyg nadat nog 77 gevalle aangemeld is. Die Verenigde Koninkryk se agentskap vir gesondheidsekuriteit sê 287 van die jongste gevalle is in Engeland, tien in Skotland, drie in Wallis en twee in Noord-Ierland. Die agentskap sê die risiko vir die algemene bevolking is steeds laag omdat die virus […]
Proud Boys-leiers aangekla
Die voormalige voorsitter van die verregse Proud Boys, Enrique Tarrio, en vier ander groepslede word aangekla van opruiende sameswering vir hulle rol in die aanval op die Amerikaanse kongresgebou op 6 Januarie verlede jaar. Die mans is reeds in Maart aangekla vir sameswering om te keer dat die 2020-presidentsverkiesing gesertifiseer word. In die klag van 33 bladsye wat gister oopgemaak is, sê […]