Johnson se dae is verby…

‘n Britse parlementslid vir die Skotse Nasionale Party, Ian Blackford, sê die premier Boris Johnson se dae is verby. Dit volg nadat hy ‘n mosie van vertrou in die parlement oorleef het maar, 40 persent van sy eie partylede het teen hom gestem. Blackford sê Johnson moet vandag bedank.