Aap-pokke brei verder in Verenigde Koninkryk uit

Die totale aantal bevestigde gevalle van aap-pokke in Brittanje het tot 302 gestyg nadat nog 77 gevalle aangemeld is. Die Verenigde Koninkryk se agentskap vir gesondheidsekuriteit sê 287 van die jongste gevalle is in Engeland, tien in Skotland, drie in Wallis en twee in Noord-Ierland. Die agentskap sê die risiko vir die algemene bevolking is steeds laag omdat die virus nie maklik oordraagbaar is nie. Die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê 780 gevalle is reeds bevestig in 27 lande waar die virus nie endemies is nie.