7,1m Somaliërs het nie genoeg kos nie

Byna ‘n kwart miljoen mense staar hongersnood in Somalië in die gesig, aangedryf deur ‘n voortslepende droogte en rekord voedselpryse. Volgens die Verenigde Nasies is dit die vierde opeenvolgende jaar wat Somalië nie reën ontvang nie en die kostes van stapelvoedsel is ook buite bereik van meeste mense in die land. Ongeveer 213 000 Somaliërs loop die risiko van hongersnood, byna drie keer as wat verwag was. Sowat 7,1 miljoen Somaliërs of byna die helfte van die bevolking verduur akute vlakke van voedselonsekerheid, wat beteken dat hulle skaars die minimum kalorieë sal in kry as wat hulle nodig het.