Gupta-uitlewering gaan uiters moeilik wees

Terwyl meeste politieke partye en burgerlike organisasies verheug is oor die arrestasie van Atul en Rajesh Gupta is, sê die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Sandile Swana, hy verwelkom die nuus met versigtigheid. Die arrestasies volg vier maande nadat Interpol ‘n rooi kennisgewing uitgereik het dat hulle vir bedrog en geldwassery in hegtenis geneem moet word. Hulle word onder andere betrek by korrupte ooreenkomste van honderde miljoen Suid-Afrikaanse rand by onder meer Eskom en Transnet. Swana sê dit gaan nie maklik wees om die broers aan Suid-Afrika uitgelewer te kry nie: