Japannese toppies is TikTok-sterre

Vier mans in hulle 50’s en 60’s wat deel is van die groep Ojiqun, is Japan se jongste TikTok-sensasie. Met meer as 34 000 TikTok-volgelinge, dans die groep op pop-wysies in hulle hemde, dasse en helderkleurige maag-verwarmers. Hulle video’s is al meer as 16 miljoen keer gekyk. Nuusagentskappe berig die vier wil hulle plattelandse dorpie, Wake, bekendstel omdat dié dorpie se bevolkingsgetal besig is om af te neem.