Verhoor van Floyd-verdagtes uitgestel vir ‘regverdigheid’

Minnesota-regter Peter Cahill het die verhoor van twee voormalige polisiebeamptes van Minneapolis wat aangekla word van die moord op George Floyd tot volgende jaar uitgestel. Hy het beslis dat die verhoor vir J. Alexander Kueng en Tou Thao, wat hierdie maand sou begin, nou vir 5 Januarie volgende jaar neergelê is. Hy sê dat mediadekking van Derek Chauvin se skuldigbevinding, tesame met die dekking van die skuldbekentenis van medebeskuldigde en voormalige beampte Thomas Lane, vir ‘n onregverdige verhoor hierdie maand sal sorg. Kueng, Thao en Lane het almal in Mei 2020 gekyk hoe mede-beampte, Derek Chauvin, Floyd vermoor deur vir byna nege minute op sy nek te kniel in Mei 2020. Chauvin is verlede jaar skuldig bevind en tot meer as 22 jaar tronkstraf gevonnis.