Proud Boys-leiers aangekla

Die voormalige voorsitter van die verregse Proud Boys, Enrique Tarrio, en vier ander groepslede word aangekla van opruiende sameswering vir hulle rol in die aanval op die Amerikaanse kongresgebou op 6 Januarie verlede jaar. Die mans is reeds in Maart aangekla vir sameswering om te keer dat die 2020-presidentsverkiesing gesertifiseer word. In die klag van 33 bladsye wat gister oopgemaak is, sê die Departement van Justisie die vyf het maande lank gekodeerde boodskaptoepassings gebruik om president Joe Biden se sertifisering met mag te probeer keer.