Kondoom-skenking verwelkom

Die Amerikaanse ambassade in Namibië 6,9 miljoen kondome en 2,9 miljoen smeermiddels aan die gesondheidsministerie geskenk. Die skenking word gefinansier deur die President se Noodplan vir Vigs-verligting , Pepfar, deur USAid. Dr. Philippe Talavera, die stigter van die Ombetja Yehinga Organisasie, OYO, het die skenking verwelkom en gesê dit sal help om die verdere verspreiding […]

Read More

LeBron handelskaart kan N$92,2m op veiling behaal

‘n Skaars drievoudige logoman-handelskaart van die basketbalspeler LeBron James, sal na verwagting meer as 92,2 miljoen Namibiese dollar op ‘n veiling haal. Die kaart vertoon stukke van die truie wat James gedra het toe hy vir die Cleveland Cavaliers, die Miami Heat en die Los Angeles Lakers gespeel het. Die LeBron James drievoudige logoman-kaart wat […]

Read More

NEFF sê in NV Pres. Geingob moet op sabbatsbreek gaan oor Ramaphosa-sage

Kalimbo Iipumbu van die Namibia Economic Freedom Fighters het vandag in die Nasionale Vergadering gesê President Hage Geingob moet ook op sabbatsbreek gaan weens sy beweerde verbintenis met die diefstal van miljoene Amerikaanse dollar op Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se plaas in die Limpopo. Speaker Peter Katjavivi moes kort-kort die Nasionale Vergadering tot orde roep. […]

Read More

Werk aan kanaal veroorsaak wateronderbrekings in Noorde

Namibië se noordelike streke is weer deur wateronderbrekings getref weens werk wat tans aan die kanaal gedoen word. Volgens NamWater sal die streke van Oshana, Oshikoto, Omusati en Ohangwena ‘n tekort van water ervaar. Die area-bedryfsbestuurder Abraham Ashipala het gesê die opgraderingswerk aan die kanaal sal lei tot verlaagde watervooriening na NamWater se behandelings-aanlegte en […]

Read More

SA Nasionale Taxivereniging nie deel van beplande nasionale staking van Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxivereniging is nie deel van ‘n nasionale staking wat vir Vrydag beplan word nie. Santaco se nasionale woordvoerder, Thabiso Molelekwa, sê hulle beplan nie ‘n staking nie, maar hulle voer samesprekings met die regering oor ‘n lewensvatbare oplossing ná die petrolprysverhoging. Nuus van ‘n moontlike nasionale staking het hierdie week aanlyn verskyn, […]

Read More

David Miller vaar uitstekend in Indiese Premiersliga

Krieket: Die Protea-mans is tans in Indië vir ‘n reeks van vyf T20s waarvan die eerste kragmeting Donderdag gespeel word. David Miller het uitstekend gevaar met die kolf in die pas-afgelope Indiese Premiersliga, waar hy Gujarat Titans gehelp het om die toernooi te wen. Hy sê hy hoop om sy spelpeil voort te sit vir […]

Read More

Eskom-hoof: Kiesers moet nie-presterende raadslede uitstem

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter sê dis tyd dat kiesers hul mag by stembusse gebruik om nie-presterende munisipale raadslede uit te stem. De Ruyter het in ‘n onlangse gesprek met die Sentrum vir Risiko-analise gesê baie raadslede is net in hul amp om hul eie selfsugtige middele te dien en gebruik nie hul […]

Read More

NEFF gaan Geingob aankla van toesmeerdery ná diefstal op Ramaphosa se plaas

EFF-leier Julius Malema sê die Namibia Economic Freedom Fighters sal ‘n strafsaak teen President Hage Geingob open in verband met die vermeende toesmeerdery van ‘n beweerde diefstal van 4 miljoen Amerikaanse dollar by die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo. Malema het op ‘n mediakonfernsie gesê Geingob het met Ramaphosa saamgesweer om Namibiërs te ontvoer en Ramaphosa gehelp om sy geldwassery te verbloem. Geingob het enige kennis van die kwessie ontken en […]

Read More

Zambezi-goewerneur lewer sy streeksrede

Die Zambezi-streekgoewerneur, Lawrence Sampofu, het vandag sy streeksrede gelewer en hy het gesê hy wil vinnige implementering van ‘n eenstop-grenspos hê om handel te versnel. Sampofu het gesê sy streek is verbind met lande wat sake-potensiaal het. Die goewerneur het ook gepraat oor uitdagings wat die streek in die gesig staar, insluitend die gebrek aan […]

Read More

Bench Marks-stigting: SA is gekoppel aan Glencore

Die Bench Marks-stigting meen dit is onwaar dat Suid-Afrika nie gekoppel is aan Glencore se bedrywighede nie. Die multi-nasionale verbruiksgoedere- en mynonderneming het ingestem om skuldig te pleit aan ‘n ingewikkelde web van omkopery en prys-manipulering. Die web het versprei vanaf Venezuela na Nigerië, Los Angeles, die Verenigde Koninkryk en Brasilië, maar sonder enige melding […]

Read More