LeBron handelskaart kan N$92,2m op veiling behaal

‘n Skaars drievoudige logoman-handelskaart van die basketbalspeler LeBron James, sal na verwagting meer as 92,2 miljoen Namibiese dollar op ‘n veiling haal. Die kaart vertoon stukke van die truie wat James gedra het toe hy vir die Cleveland Cavaliers, die Miami Heat en die Los Angeles Lakers gespeel het. Die LeBron James drievoudige logoman-kaart wat Panini as deel van sy 2020-2021 “Flawless”-versameling geskep het, is so ver bekend, die enigste van sy soort.